-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Inwoners van Mokopane het Woensdag-oggend op verskeie punte bymekaargekom en in gebed getree vir vrede en harmonie.
Die dag was die inisiatief van evangelis, Daan Holtshauzen, wat self ‘n kruisplanting aan die suidelike ingang van die dorp gelei het.
Laerskool Krugerpark en Mokopane Primary se leerlinge het terselfdertyd op hul skole se sportvelde bymekaargekom om te bid.
Die Krugies het in die vorm van ‘n kruis gesit terwyl die leerlinge van Mokopane
Primary so gesit het dat hul formasie ‘n Christelike boodskap (Jesus loves me) uitbeeld vir die private helikopter wat foto’s uit die lug geneem het.
Ander skole het ook aan die dag deelgeneem met nog skole wat ‘n soortgelyke ini-siatief vir volgende week beplan.
By die kruisplanting het die geskorste burgemeester, Thlalefi Mashamaite, ’n kort toespraak gelewer en gesê die mense moet ook bid vir eenvormigheid in die Mogalakwena munisipaliteit.
0 Comments