<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Soos een man staan hulle saam

 

’n Duidelike onbekende skoenspoor is by die woning waar daar ingebreek is gevind.

News : 24 Oct 2014 94 Viewed By Martie Le Grange 0

Lede van die Arend Bergwag, ’n plaaswag van die Maribashoek omgewing, staan nie terug vir misdaad nie. Só het hulle in die week saamgestaan en opgetree toe daar by een van hulle lede se huis ingebreek is.
Die slagoffer, wat alleen tuis was tydens die inbraak, het hulp ingeroep deur middel van radioverbinding. Lede se reaksietyd was  vinnig, het ’n woordvoerder aan Noordelike Nuus gesê. Dit het sowat ses minute geduur vir lede om by die toneel op te daag.
Voetspore is naby die woning waar die diewe ingebreek het gevind en daar is op gereedskap rondom die toneel afgekom. Die verdagtes het egter laat spaander na hulle besef het daar is iemand by die huis wat alarm maak. Geen verdagtes is teen druktyd in hegtenis geneem nie.
Die Arend Bergwag het sy dank uitgespreek teenoor Gawie de Wet, Laubie de Wet, Theo de Wet, Lukas van Eeden, James Terblanche, Kobus en Ansie Kruger, Jaco en Estelle Diederiks, Quintin Combrinck, Jovan Combrinck, Nicolaas Hendrik Pretorius,
Darren Foss, Aubrey Nel, Piet Venter, Raco Fouché en Data Strydom. - Martie Pretorius

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube