<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tweede plaasaanval op gesin

 

Een van die plaasaanvallers wat vasgetrek is.

News : 30 Oct 2014 76 Viewed By Martie Le Grange 0

Nog ’n plaasaanval in die provinsie het verlede week deel van statistiek geword toe aanvallers in die Mookgophong/Vaalwater area op 'n vrou en haar jong seun toegeslaan het.
Na verneem word, het vier verdagtes verlede Woensdagaand omstreeks 20:00 ’n vrou wat verkies om anoniem te bly en haar 13-jarige seun in hulle woning aangeval. Die Spoorsnyers, ’n groep opgeleide polisiereserviste, het berig dat individue van oral gereageer het op ’n noodberig en daar is flink opgetree om die skuldiges vas te trek.
Die aanvallers het met die gesin se voertuig op die vlug probeer slaan maar kon glo nie vêr kom nie. Die voertuig is by die woning se hek gevind waar die vier klaarblyklik vasgesit het. Die verdagtes het verder te voet gevlug. ’n Reënbui het die toneel belemmer maar dit het nie die Spoorsnyers verhoed om verder op te volg nie.
Alhoewel die belemmerde spore ’n uitdaging was, is daar tog afgekom op spore wat gelei het na die berg in die omgewing waar plaasboere die volgende dag op twee verdagtes afgekom het. Beide verdagtes het hulleself met blare en takke bedek. Een van die verdagtes was gewond. Hulle is albei in hegtenis geneem.
Die Spoorsnyers het later berig dat die ander twee verdagtes ook in hegtenis geneem is en het hul dank uitgespreek teenoor ieder en elk wat behulpsaam was tydens en na die voorval.
Die helikopter vlieëniers asook Modimolle se honde-eenheid en die polisie is in besonder bedank vir hulle flink optrede.
Die slagoffers is na verneem word nie ernstig beseer nie maar herleef die trauma na dit glo ’n tweede aanval was waarvan die eerste meer gewelddadig.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube