-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Op 16 November sal Solidariteit Helpende Hand se Mokopane-tak die Momentum 94.7 fietswedren aanpak ter wille van Helpende Hand se nasionale Skooltassieprojek.
Valerie van der Walt, 'n lid van Helpende Hand se Mokopane-tak, sal saam met 20 ander vrywilligers hierdie gewilde fietswedren aanpak om sodoende fondse vir Helpende Hand se Skooltassieprojek in te samel en bewusmaking rondom die projek te skep.
Deur die Skooltassieprojek versprei Helpende Hand elke jaar duisende skooltassies propvol skryfbehoeftes aan behoeftige graadeens op hul eerste skooldag.
Sedert die ontstaan van die projek is meer as 21 000 skooltassies al versprei en Helpende Hand sal poog om hierdie jaar meer tassies as ooit landswyd uit te deel.
“Dit is vir die Helpende Hand Mokopane-tak belangrik om nie net op plaaslike projekte te fokus nie, maar ook by te dra tot die groter visie van Helpende Hand,” sê Marianthie.
“Valerie en haar span verdien klaar 'n reuse klop op die skouer dat hulle bereid is om hierdie uitdaging vir Helpende Hand aan te pak. Ons wens hulle alle sterkte toe en weet dat hulle hul uitstekend van hul taak gaan kwyt.”
Persone wat graag Helpende Hand se Skooltassieprojek wil ondersteun, kan die woord TASSIE na 38969 SMS om sodoende R10 tot die projek by te dra.
Indien 'n persoon of instansie graag 'n skooltassie teen R200 wil skenk, kan die bankbesonderhede op Helpende Hand se webtuiste verkry word by www.helpendehand.co.za.
Kontak gerus vir Marianthie van der Walt by 082 741 7858 vir meer inligting.
0 Comments