<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groter vir liefdadigheid

 
News : 06 Nov 2014 30 Viewed By Martie Le Grange 0

“Die jaarlikse Brille en Pille fees was soos elke jaar ’n reuse sukses en die besoekers was die ouetehuis goedgesind.”
Só het Mariaan van Tonder, die Piet Potgieter Ouetehuis se bestuurder na die naweek se jaarlikse Brille en Pille fondsinsamelingsprojek aan Noordelike Nuus gesê. Die opkoms, het Van Tonder saamgestem, was baie groter en te danke aan mense se goedhartigheid kon die kreatiewe bejaardes by hulle koekie- en item tafels ’n volle R20 000 insamel.
Sou mens oordeel aan die hoeveelheid voete by die fees, kan daar sonder twyfel gesê word dat die gemeenskap en motorfietsryers die byeenkoms terdeë geniet het.
Die ouetehuis het hulle opregte dank teenoor almal wat by hierdie suksesvolle dag betrokke was, uitgespreek. Opbrengste van die fees sal aangewend word tot die borgskap van inwoners wat nie hulle losies kan bekostig nie, het Van Tonder gesê.
Foto’s hierby is by die Brille en Pille Fees geneem.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube