-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Meterlange slang het personeel en klante verlede Saterdag by ‘n besigheid in Onverwacht op hol gehad. Die besigheid se ontvangsdame was buite toe sy ‘n swart slang by die erf deur die draadheining sien inseil .
Nadat hulle ondersoek ingestel het, het die slang sy kop gelig en die veld ingevlug.
“Dis nie ‘n slang wat jou sal aanval nie, behalwe as hy bedreig voel,” sê Marius Koekemoer van Reptile Rescue (foto regs), ook bekend as Lephalale se ‘slangvanger’. Hy beaam dat slange al van Septembermaand af beweeg en mense moet op die uitkyk wees vir hulle.
Indien die publiek ‘n slang opmerk kan hulle vir Marius kontak op 072 174 6970 om die slang te verwyder.
Marius vra dat die publiek nie self moet probeer slange vang nie omdat dit gevaarlik kan wees as die person nie kennis van slange en hulle gevaar dra nie.
0 Comments