-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die twee vermeende rowers wat verlede week in die Mokopane Streekshof verskyn het op aanklagte van roof met verswarende omstandighede is deur landdros Gerhard Pretorius op borgtog van R1 000 vrygelaat.
AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron het gesê die staat is medepligtig aan plaasaanvalle as hulle nie borgtog teenstaan vir verdagtes in dié sake nie.
Bento Kambimda (40) en Max Mumbumba (38) word beskuldig van die onlangse plaasaanval op Gerda Botha (34) en haar jong seun Dean in die Melkrivier-omgewing.
Toe die plaasrowers toeslaan het Dean weggehardloop en in nabye bosse gaan skuil. Hy het ure later eers uitgekom toe die polisie reeds op die toneel was.
Die gesin is erg getraumatiseerd na die aanval - tot so 'n mate dat hulle intussen na Mookgophong verhuis het. Dit was die tweede keer wat hulle deur plaasrowers aangeval is waarvan die eerste meer gewelddadig was.
Die hofsaak is tot 28 November uitgestel.
0 Comments