<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Van toeka tot nou...Ellisras

 
News : 27 Nov 2014 198 Viewed 0

Die vroeë geskiedenis van die Noordwes Transvaalse Bosveld waar Ellisras later aangelê  sou word, is grootliks gebou rondom rondtrekkende swart stamme.
Die Seleka groep was een van die sterkste swart stamme, die stam het sy oorsprong van ‘n kaptein wat van die Mzilikaze weggebreek het en homself hier in die Bosveld kom vestig het. Die huidige Seleka area en volk is na hom vernoem.
In daardie jare was daar nog ‘n bekende kaptein genaamd, Shongoane. Hierdie kaptein se stam was egter voortdurend aangeval deur hul vyande en vandag nog kan die rotse van die tafelkoppe wat gebruik was om op hul aanvallers af te rol besigtig word. Daar is ook ‘n voorval op rekord van Shongoane stamlede wat selfmoord gepleeg het deur van die steil kranse in daardie area af te spring. Die kranse is vandag bekend as Shongoane’s kop. Die kaptein, Besha, het tussen Shongoane en Seleka se tradisionele gebiede uitgekom en het hy ook sy eie stam gehad. Die kaptein se naam is gebruik om die gebied Beska se kop te benoem.
Daar was ook ‘n swerwers volkie wat hierdie grond oorgesteek het en is daar tans nog van die nomadiese Boesmantekeninge wat behoue gebly het oor die jare en kan gesien word by die olie kranse en Jors se koppie.  

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube