<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kyk met nuwe oë na buiteland

 

Ekonomiese hoofde van vier lande wat as gassprekers by die Mokopane Besigheidskamer se onlangse jaarvergadering opgetree het. Van links, Pete Richardson, bemarkingshoof vir Legend, Kalman Meszaros, ekonomiese en kommersiële verteenwoordiger vir die ambassade van Hongarye in Pretoria,  Vladimir Jenista, ekonomiese en kommersiële verteenwoordiger vir die ambassade van Czech in Pretoria,  Katarina Kralikova, sekretaresse vir die hoof van ekonomie,  handel en ontwikkeling vir die ambassade van Slowakye en Andrzej Krezel, hoof van handel en bevordering vir die ambassade van Pole in Gauteng saam met Corinus du Toit van die besigheidskamer.

News : 27 Nov 2014 94 Viewed By Martie Le Grange 0

Die Mokopane Besigheidskamer het op 20 November sy jaareindvergadering by die Legend Golf & Safari oord buite Mokopane gehou.
Sakelui het met nuwe oë na ander lande gekyk toe ekonomiese hoofde van onder meer Pole, Hongarye, Slowakye en die Tsjeggiese Republiek as gassprekers opgetree en gepraat het oor wedersydse toerisme en besigheidsmoontlikhede met SA.
Skyfievertonings is aan lede voorgelê en interessante inligting is deurgegee met betrekking tot dié lande op ekonomiese sowel as kommersiële vlak.
Pete Richardson, bemarkingshoof vir die Legend groep het ook sy opgewondenheid oor die nuwe klubhuis wat dié naweek
bekend-gestel word, gedeel. Die besigheidskamer sluit sy kantoor vir besigheid vanaf 15
Desember tot 5 Januarie 2015.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube