-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die 40-jarige beskuldigde wat in Junie vanjaar in hegtenis geneem is vir sy betrokkenheid in ’n tref-en-trap-voorval waartydens André van den Bergh voor sy huis in Mokopane met sy lewe moes boet, se hofsaak is verlede Donderdag in die Mokopane Landdroshof na 29 Januarie uitgestel.
Die beskuldigde, staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, dronkbestuur en bestuur sonder ’n rybewys. Sy borgtog is verleng tot sy volgende hofverskyning.
Die uitstel het gevolg weens die afwesigheid van uitslae op bloedtoetse wat die alkoholvlak van die beskuldigde ten tye van die voorval sal bepaal.
Volgens die staatsaanklaer behoort die uitslae vanaf die forensiese laboratorium teen die einde van Januarie beskikbaar te wees.
“Hierdie is ’n onnodige gesloer,” het wyle Van den Bergh se pa, Pieter van den Bergh, ontsteld aan Noordelike Nuus gesê.
0 Comments