<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bosveld verloor een van sy grotes

 
News : 04 Dec 2014 392 Viewed By Mariska Ehlers 0

Michiel Erasmus (Michiel Christiaan Erasmus, gebore 1934-02-21) is verlede Woensdag na ’n lang stryd teen kanker rustig tuis oorlede. Hy was 54 jaar getroud met Miems.
Michiel (“Gielie, Sepie, Gladde”) was 80-jaar-oud en byna sy lewe lank ‘n inwoner van Lephalale. Hy was bekend as wildboer, sakeman en entrepeneur. Hy laat sy vrou, vier seuns en vyf kleinkinders agter.
Michiel was ‘n gebore Bosvelder. Sy ma, oorlede Tant Maria, het altyd vertel Michiel was gebore op die trekpad iewers tussen Ellisras en Rustenburg. Daardie dae het hulle nog in ossewaens hier rondgetrek. Michiel was op Ellisras in die Laerskool wat nog op die plaas Waterkloof was en sy Hoërskool loopbaan het hy voltooi in Nylstroom. In daardie tyd  was daar toe nog nie ‘n hoërskool op Ellisras nie.
Na skool het hy in Brits gewoon en gewerk waar hy en Miems mekaar ontmoet het en in die huwelik getree het. In 1974 het Michiel en sy gesin Ellisras toe getrek waar hulle van toe af tot vandag woon op Schaapplaats. Michiel was ‘n bekende sakeman.
Hy was onder meer die eienaar van besigheidsgeboue in Onverwacht en van die Palm Park Hotel. Hy het ook deeltyds, later voltyds, geboer op Schaapplaats, Wellington en Altoostyd, aanvanklik met beeste en later met wild.
“Die familie betuig hul dank vir al die telefoonoproepe, besoeke en laaste huldeblyke tydens en na die siekbed van ons wederhelf, vader en oupa,” het Grové Erasmus hierdie week gesê
Die begrafnis was Maandag 01/12/2014 om 10:00 vanuit Gereformeerde Kerk Mogol.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube