<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Twee brand in fratsongeluk

 
News : 04 Dec 2014 953 Viewed By Mariska Ehlers 0

Twee jong mans is verlede Woensdag ernstig beseer toe ‘n petrolpyp van die minibus waaraan hulle gewerk het gebars en aan die brand geslaan het.
Johanko Barnard het erge brandwonde oor sy lyf en gesig opgedoen en word steeds in die Milpark Hospitaal in Johannesburg onder sedasie gehou vir die pyn.
Sy vriend wat saam hom aan die voertuig gewerk het, Leonard Jacobs, het ook brandwonde aan sy gesig en regterhand opgedoen.
Die twee mans is direk na die ongeluk na die Lephalale Medi Clinic geneem waarna Leonard na die Chris Hani Hospitaal in Soweto oorgeplaas is en Johanko na die Milpark Hospitaal. Johanko moes ‘n operasie aan sy arm ondergaan omdat die swelling te erg was en die drukking te veel geraak het.
Leonard is Dinsdag ontslaan en sterk tans aan by sy huis in Lephalale. Albei se families het die Lephalale gemeenskap bedank vir hul bystand en gebede.
Johanko het ook bekendheid gewerf nadat Noordelike Nuus vroeër op twee verskillende geleenthede oor hom verslag gedoen het. Eers in Junie toe hy twee rowers helder oordag betrap het en bly veg het ten spyte van 'n geweer teen sy kop; en ook in Augustus vanjaar toe hy twee inbrekers verjaag het toe hulle wou inbreek by die huis waar hy bly.

 

 

 
 

Leonard Jacobs.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube