-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Mikayla Neagu (2) het ‘n besoek van haar feëtjiemaatjies gekry wat vir haar gesê het, as sy weer verjaar moet sy daaraan dink om haar presentjies te deel met maatjies wat nie presentjies kry nie.
Aangesien haar dogtertjie se kamer propvol speelgoed is het haar ma, Alta, besluit om die geleentheid te gebruik vir liefdadigheid en toe reëlings begin tref saam Tessa Ross en Bertha Olivier van Engele vir Nood.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi na die dogtertjie met die pragtige hartjie se verjaarsdag partytjie wat Sondag by haar ouers se huis in Kameeldoringstraat 63 in Onverwacht gehou word. Die toegangsfooi is ‘n presentjie wat gegee sal word aan minder bevooregte kinders, sodat hulle ook ‘n ietsie onder die kersboom sal hê hierdie jaar. Bevestig vroegtydig met Alta by 071 866 2565 as jy die geleentheid wil bywoon. Getalle is nodig vir beplanning om die dag volpret en plesier te maak.
0 Comments