<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

So gaan dit met Johanko

 
News : 11 Dec 2014 914 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE - Na twee gewapende rooftogte en ‘n frats-ontploffing kan Johanko Barnard hierdie week ook ‘n infeksie en veloorplanting by die beproewinge voeg wat hy hierdie jaar oorleef het.
Sy ma, Katryn Barnard, sê dit elke dag beter en beter met Johanko waar hy in die Milpark hospitaal in Johannesburg lê. Hy het erge brandwonde opgedoen toe die enjin waaraan hy en ‘n vriend gewerk het twee weke gelede in hul gesigte ontplof het.
Kort nadat hy na Milpark oorgeplaas is, is daar infeksie in van sy wonde opgemerk. Dit is egter onder beheer gebring en is Johanko tans op sterk antibiotika, dokters het intussen vel van sy regter bobeen verwyder en aan die binnekant van sy regterarm van sy armholte tot by sy hand oorgeplant. Dokters sal eers teen Donderdag, wanneer die verbande afkom, kan sê of die oorplanting suksesvol was. Volgens die hospitaal personeel lê daar nog ‘n lang pad van herstel vir die dapper jongman voor.
Katryn het intussen haar dank uitge-spreek teenoor die gemeenskap vir die bood-skappies, SMS’e en al die ondersteuning en bystand wat sy ontvang het tot nou toe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube