-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die SAVF skud hande met Morkels en Bradlows se bestuurders om dankie te sê vir hulle skenking aan minderbevoorregte families. Van links, Carike Jordaan, student maatskaplike werker SAVF Mokopane, Teretha Jannasch, maatskaplike werker en bestuurder van die SAVF Mokopane, Ben Kruger van Morkels, Dennis Smit van Bradlows, Khomotso Papo, vrywillige maatskaplike werker en Jela Kekana, maatskaplike werker.
MOKOPANE - Drie skenkings aan die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) verlede week, het omstandighede vir minder bevoorregte families meer draaglik gemaak oor die kersgety.
Anglo Platinum Myn het ’n indrukwekkende R10 000 aan die organisasie geskenk. Kruideniersware is met hierdie geld aangekoop en so is daar na 45 families uitgereik.
Twee meubelgroepe, Morkels en Bradlows, het ook hulle deel vir die gemeenskap gedoen deur tien gesinne in die dorp en in uitbreiding 17 te voorsien van ’n geriefliker slaapplek. Tien dubbelbeddens is geskenk.
Die SAVF is baie dankbaar teenoor dié barmhartige Samaritane vir hulle onbaatsugtige bydraes.
0 Comments