-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Motoriste en inwoners sê vandat munisipale dienste gestaak is, lyk dit asof mense hulle nie steur aan munisipale regulasies nie.
Só het ’n massiewe onthaal tent Vrydagoggend sy skielike verskyning gemaak op die hoek van Dudu Madisha rylaan en Wildebees straat in Mokopane. Die pad was gesluit en die tent is in die middel van die straat op die ryvlak opgeslaan. ’n Verkeersbeampte wat gaan ondersoek instel het, is meegedeel dat roubeklaers hiervoor verantwoordelik is. Sy aandrang op die verwydering daarvan was vergeefs. Mokopane se verkeershoof het aan Noordelike Nuus gesê hy is onbewus van enige toestemming aansoek en het gesê die aksie is onwettig.
0 Comments