<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gratis wiele vir ‘n jaar

 

Japie Brits, takbestuurder van Mercurius Motors oorhandig die sleutels van ’n splinternuwe Sprinter minibus aan Estelle Hartzenberg, bestuurder van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes. Die fraai omgeskakelde minibus is ’n jaar lange borgskap.

News : 17 Dec 2014 442 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se jare-lange wens vir betrouebare wiele is verlede week deur Mercurius Motors Polokwane vervul.
’n Splinternuwe luukse Sprinter minibussie het Woensdagoggend by die ingang van die dienssentrum ingery en Japie Brits, takbestuurder van Mercurius Motors het die sleutels daarvan aan die sentrum se bestuurder Estelle Hartzenberg oorhandig.
“Dit is voorwaar ‘n groot kerspresent” het Hartzenberg baie opgewonde gesê terwyl Brits aan haar verduidelik dat die minibus aan die dienssentrum geborg word vir een volle jaar. Die handelaar onderneem ook om binne dié tydperk die nodige dienste en die lisensiekostes van die voertuig te behartig en verskaf die bussie aan die sentrum teen ’n spesiale verlaagde prys na die vertrykingstydperk van die borgskap.
Ander borge is ook by die borgskap van die minibus betrokke. Hulle is Bustruck, Elbar Properties en Cartreck Polokwane. Hartzenberg het almal hartlik bedank en gesê dat dié inisiatief hoog op prys gestel word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube