-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Baie mense gaan hierdie feesgety na areas reis waar malaria voorkom. Noordelike Nuus het by kenners gaan kers opsteek om seker te maak ons lesers weet hoe om hierdie siekte te voorkom.
Bepaal jou risikovlak:
Die tyd van die jaar, hoe lank jy daar gaan wees, die aktiwiteite op jou beplannings-lysie en die oornagplek moet alles in ag geneem word voor jy besluit watter
voorsorgmaatreëls om te neem.
Dit is belangrik om snags goed afgeskerm te wees van muskiete. As jy kamp is dit belangrik dat jou tent se gaasdeure en vensters deurentyd toe gehou word en dat daar geen gaatjies in die seil is nie.
In ‘n woonstel, chalet, hotelkamer of karavaan moet mens onder ‘n muskietnet slaap wat met insekdoder behandel is. Gaasskerms voor die vensters en deure help ook baie om muskiete uit die gebou te hou. Indien daar lugverkoeling is kan mens dit deur die nag laat loop - muskiete hou nie van koel vertrekke nie.
Gebruik ‘n muskietafweermiddel. Spuit dit in alle leef en slaapvertrekke - veral saans.
Moenie vergeet om anti-malaria tablette te neem nie. Lees die gebruiksaanwysings noukeurig en hou daarby. Baie mense maak die fout om te gou na hul terugkeer uit malariagebiede op te hou om hul malariamiddels te drink.
Indien jy enige griepsimptome ontwikkel binne die eerste ses maande nadat jy ‘n malariagebied besoek het, is dit belangrik om jou dokter te vertel waar jy was en presies wanneer.
Hoewel malaria simptome gewoonlik binne een of twee weke na infeksie waargeneem kan word, kan dit partykeer maande na infeksie eers uitbreek.
As jy alles reg doen is die risiko om malaria op te doen gering.
Vir meer inligting besoek - https://www.dred.com/how-to-prevent-malaria.html
0 Comments