<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Lephalale brandslagoffer sterk goed aan

 
News : 17 Dec 2014 1104 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE - Johanko Barnard het brandwonde opgedoen nadat  'n petrolpyp van die minibussie waaraan hy en 'n vriend gewerk het gebars en aan die brand geslaan het.  Hy is drie weke gelede in die Milpark Hospitaal oorgeplaas waar hy 'n operasie aan sy arm ondergaan het om die swelling af te bring. Hy het ook 'n veloorplanting gehad.  Verlede Woensdag is Johanko nog met yspakke toegepak om sy koors te help breek. Volgens sy ma, Katryn, is die dokters tevrede met die veloorplanting. Die dokters glo dat alhoewel Johanko nag 'n lank tyd onder verdowing in die hospitaal sal moet bly, begin hy reeds meer op sy eie asem haal en sterk hy goed aan. "Die regteroor is nog baie bloederig - sy regterkant het meer as linkerkant gebrand," sê sy. "Sy gestel is sterk en hy word soms wakker en kyk stip vir my en dit gee my moed."

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube