<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassie kry beroerte op die rugbyveld ... maar keer Vrydagaand terug na SA

 

Tiaan op die rugbyveld.

News : 17 Dec 2014 819 Viewed 0

Een van Ellisras Hoërskool (EHS) se rugby uitblinkers, Tiaan Geldenhuys (16), is verlede Woensdag in die hospitaal in Amsterdam, Nederland, opgeneem nadat hy 'n beroerte aanval tydens 'n rugbywedstryd gekry het.

Tiaan is deel van die o/16-AVS (Verre Noord) span wat in Nederland getoer het. Na wat verneem word, is Tiaan ná die wedstryd van die veld af met vermoedelike harsingskudding en is hy in die Erasmus MC-hospitaal opgeneem.

Volgens berigte is Tiaan behandel vir 'n beroerte en het hy skade aan die regterkant van sy liggaam. Hy het ook gesukkel met sy spraak.

Tiaan se pa, Marius, wat tans in die Ooste (in Oman) werk, het regdeur die naweek gespartel om ‘n visum te probeer kry om na Tiaan toe te gaan. Hy het Dinsdagoggend (17 Desember) by sy seun aangesluit.

Volgens Steve Geldenhuys, Marius se broer, het Tiaan het Maandag toetse ondergaan om die oorsaak van die beroerte te probeer bepaal asook om uit te vind waarom sy spraak aangetas is. “Dit gaan baie beter, hy kan ‘n hele gesprek voer en ek kon met hom gesels oor die foon,” sê Steve. “Dit gaan baie beter en hy sal tot Vrydag nog in die hospitaal moet bly waarna hy sal kan huis toe vlieg Suid-Afrika toe.”

Volgens Steve kon die dokters ook geen onderliggend mediese rede vind wat Tiaan se beroerte veroorsaak het nie – die oorsaak bly dus onbekend.

'n Verpleegster van die hospitaal het verlede Sondag moeite gedoen om Tiaan na 'n restaurant sowat 400m van die hospitaal af te neem waar sy span gewag het om van hom afskeid te neem voordat hulle terugvlieg Suid-Afrika toe.

Tiaan is 'n lid van EHS se rugbyspan wat die Beeld-trofee vir mediumskole gewen het.

Volgens Steve, het vriende wat in Nederland woon Tiaan ondersteun en is hulle ook bereid om verblyf aan Marius te voorsien sodra hy land.

Die Geldenhuys-familie bedank graag vir Richard Holtkamp en sy mense vir al hul besoeke aan Tiaan en ook almal vir die ondersteuning en boodskappe wat die familie ontvang het.

Noordelike Nuus wens Tiaan ‘n spoedige herstel toe.

 

 

 
 

Tiaan en sy spanmaats - hy keer Saterdagoggend terug na Suid-Afrika nadat hy 'n beroerte tydens 'n Verre Noord rugby wedstryd in Amsterdam gehad het.

Tiaan in aksie.

Tiaan se spanmaats by hom in die hospitaal voor hulle terugkeer na SA.

Tiaan is 'n lid van EHS se rugbyspan wat die Beeld-trofee vir mediumskole gewen het.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube