-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Marcelle Maritz, ’n bekende gesig in Mokopane veral vir haar aktiwiteite as Mogalakwena raadslid, is onlangs aangestel as die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) se nuwe bestuurder.
Maritz sê sy staan trots in dié nuwe skoene aangesien sy ’n passie het vir diere. Sy doen ’n beroep op die gemeenskap om saam met haar hande te neem om ’n goeie DBV te help bewerkstellig.
Maritz vra dat mense betrokke sal raak by die DBV om sodoende ’n groot verskil te maak in alle aspekte van diere beskerming.
“Fondse om die DBV se deur oop te hou is ons grootste uitdaging,” sê Maritz. Sy verwelkom enige voorstelle om fondsinsameling vir die DBV te vergemaklik.
0 Comments