<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tiaan se dokters verduidelik oor beroerte

 
News : 09 Jan 2015 672 Viewed By Mariska Ehlers 0

Die 16-jarige Tiaan Geldenhuys, 'n leerder van Ellisras Hoërskool, wat onlangs ‘n beroerte op die rugbyveld tydens 'n toer in Nederland gekry het is terug in SA en sterk goed aan.
Tiaan is tans in Eugene Marias Hospitaal se Rehabilitasie afdeling waar hy fisioterapie ontvang vir sy regterarm en spraak.
Tydens sy hospitalisasie by Die
Wilgers Hospitaal in Desember het die oud-rugbyspeler Derick Hougaard (sien foto regs) en sy bekende vrou, Karlien van Jaarsveld, by Tiaan kom kuier en hom moed ingepraat. Dit het baie vir die jong rugbyspeler beteken om die beroemde gaste te ontmoet in sy
hospitaalkamer.
“Dit gaan elke dag beter met Tiaan en hy vorder goed,” sê sy pa, Marius.
Dokters het aan Marius verduidelik dat die hoof slagaar wat na die brein loop ‘n klein skeurtjie gekry het - net waar die aar by die skedel ingaan - wat veroorsaak het dat die bloed net daar dik geword het en moontlik deur stres bevorder is. Dit het toe 'n bloed-klont gevorm wat deur die brein is en die beroerte veroorsaak het.
“Ses maande se behandeling met medikasie dan behoort hy weer gesond te wees,” sê Marius. Al lê daar nog ’n lang pad voor vir die jong man en sy gesin, is elkeen positief en kyk hulle net vorentoe.
Die gesin is deur ‘n vreeslike tyd en tydens Noordelike Nuus se onderhoud met Marius het hy herhaaldelik gesê hoe dankbaar hy is vir elke boodskappie en gebed van die gemeenskap. “Dis in tye soos die dat mens sien wie werklik vir jou omgee.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube