-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
’n Man wat daarvan verdink word dat hy renosterstropers van advies dien oor plase met renosters is verlede week in hegtenis geneem. Hasani Chauke is deur ‘n sekuriteitsmaatskappy langs die pad opgelaai, wat hom na die Bulgerivier polisiekantoor geneem het vir ondervraging.
Chauke het skuld erken dat hy areas besoek en uitsnuffel watter plase wel renosters aanhou en dan die inligting dan deurgee aan renosterstropers.
Hy het glo aan die polisie gesê dat sy kontak iemand in die Hammanskraal-area is en dat stropers gestuur word om die renosters te skiet, waarna hy betaal word vir sy inligting.
Chauke het glo die polisie ook vergesel na verskeie plase waarop daarin 2013 toegeslaan is op renosters. Hy het reeds in die hof verskyn.
Die saak word verder ondersoek deur die polisie se veediefstal eenheid.
0 Comments