-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
“Skiet haar,” het een van Mogalakwena munisipaliteit se eertydse raadslede, Sam Montane, polisielede aangehits toe hulle die munisipaliteit se korporatiewe dienste bestuurder, Irene de Villiers, Dinsdag van die munisipale perseel verjaag.
Montane is ‘n lojale ondersteuner van die omstrede oud-burgemeester, Thlalefi
Mashemaite.
De Villiers was onder die munisipale amptenare en werkers wat Dinsdag probeer het om terug te keer na hul poste nadat ‘n ander amptenaar wat beweer dat hy op Mashemaite se gesag waarneem as munisipale bestuurder, hulle opdrag gegee het om terug te keer.
Hierdie werkers en amptenare spandeer hul dae voor die munisipale biblioteek in Van Riebeeckweg sedert die polisie die munisipale bestuurder, William Kekana en burgemeester, Malose Mabuela in November gewelddadig uit die munisipale gebou ge-boender het en die omstrede Mashemaite die raadsgebou in begelei het.
Dieselfde werkers beweer hulle wou
terugkeer werk toe, toe die polisie Dinsdag met rubberkoëls en ‘n waterkanon op hulle losgebrand het.
“Ons is baie teleurgesteld in die optrede van die polisie. Vanoggend het hulle bewys dat hulle ‘n politieke stryd baklei eerder as om die instelling te beskerm. Hulle het aangehou wys dat hulle Mashemaite en sy groep in opdrag van die Provinsie [provinsiale regering] beskerm,” het Kekana Dinsdag aan Noordelike Nuus gesê.
Mokopane polisie se waarnemende stasiebevelvoerder, Lt. Kol. Isaac Mantjane kon Woensdagaand nie veel lig om die polisie se aktiwiteite die week werp nie. “Ek was nie daar nie en is nie seker presies wat gebeur het nie,” het hy aan Noordelike Nuus gesê.
Sy woordvoerder, Irene Masingi sê die waterkanon en rubber koeëls is ingespan om die skare onder beheer te bring nadat hulle die munisipale heining beskadig het. Twaalf mense is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging. Hulle is elkeen op borgtog van R500 vrygelaat.
Intussen bly dag-tot-dag munisipale dienslewering agterweë en belastingbeta-
lers voel hul geld word op ANC binnegevegte vermors.
Die Mokopane besigheidskamer het onderneem om teen volgende week ‘n
verklaring in dié verband uit te reik.
0 Comments