<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Een in arres na moord op bejaarde

 

Susan Kotze (75) se lyk is Dinsdag in haar huis op die plaas Sumadi in die Kuipersbult-omgewing gevind nadat sy vermoedelik verwurg is.Haar familie en geliefdes het hierdie week hul dank teenoor die Afguns en Lephalale gemeenskappe uitgespreek vir hul bystand en ondersteuning in hierdie hartseer tyd.

News : 09 Jan 2015 538 Viewed By Mariska Ehlers 0

Dit is die plaaswag se gebruik om mekaar vroegaand per radio te kontak om seker te maak alle lede is veilig. Toe Kotze nie reageer nie het bure en vriende bekommerd geraak en na die plaas gery om ondersoek in te stel. Die huis se ligte was aan en volgens die polisie verslag was al die deure gesluit. Die polisie is uitgeroep en Kotze se lyk is in die sitkamer aangetref waar sy klaarblyklik met die draad van 'n klerehanger verwurg is.

Die aanvaller het met twee selfone, 'n klein hoeveelheid kontant en met Kotze se donkerblou Ford Bantam bakkie, registrasie nommer BXK815L, op die vlug geslaan.

Die polisie sê dat hulle na deeglike ondersoek die verdagte by sy oom se huis in Northam gearresteer het. Die gesteelde goedere is teruggevind. Daar word vermoed dat die verdagte op een van die buurplase gewerk het, maar vroeër die maand afgedank is. Hy het Kotze glo vir werk gevra en sy het ingestem dat hy vir haar klein takies op haar erf kon verrig.
Kotze, ‘n weduwee wat tot onlangs op klein skaal met beeste geboer het, het die laaste paar maande by ‘n gastehuis op Afguns gewerk.
Haar familie en geliefdes het hierdie week hul dank teenoor die Afguns en Lephalale gemeenskappe uitgespreek vir hul bystand en ondersteuning in hierdie hartseer tyd.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube