-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - ‘n Steenbok karkas sonder ‘n kop is Dinsdagoggend in die Mokopane biblioteek se parkeerterrein gevind. Volgens munisipale werkers wat verhinder word om terug te keer werk toe weens die twis tussen die omstrede Thalefi Mashamaite en burgemeester, Malose Mabuela, is die karkas se verskyning ‘n boodskap wat as ‘n dreigement dien.
Munisipale ampsdraers en werknemers vergader al meer as ‘n maand elke dag buite die biblioteek in Van Riebeeckstraat nadat hulle deur Mashamaite se trawante en die polisie uitgeboender is. Daar skuil glo ‘n boodskap agter die karkas en van die werkers is oortuig dat dit die werk van kwaaddoeners is wat hul die skrik op die lyf wil jaag. Dié kwaaddoeners, meen werkers, probeer hulle ten alle koste verhoed om hulle poste by die Mogalakwena Munisipaliteit te hervat.
Maar een van die Mogalakwena Residents Association (MRA) se woordvoerders sê hulle voel nie geïntimideer nie.
Intussen is daar geen nuwe verwikkelinge by die Mogalakwena Munisipaliteit nie. Belastingbetalers kla steeds oor die gebrek aan dienslewering en die onsekerhede wat in die munisipaliteit heers soos voorheen berig duur voort.
Marcelle Maritz, bestuurder van die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) sê ‘n saak van dieremishandeling word ondersoek
0 Comments