<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ongeluk eis bekende in Lephalale

 
News : 17 Jan 2015 134 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE - ‘n Geliefde inwoner van Lephalale, Hennie Henderson (64), is dood in ‘n motorongeluk twee dae voor Kersfees. Hennie en sy dogter, Madhea, was op pad na Pretoria toe ‘n ander voertuig ‘n vragmotor verby gesteek het en in hulle baan op hulle afgepyl het.
“My pa het gesê ek moet van die pad afswaai om ‘n ongeluk te voorkom,” sê Madhea, wat tydens die ongeluk sowat sewe maande swanger was. Madhea wat hul Mazda bakkie bestuur het, het egter beheer oor die voertuig verloor en hul motor het omgeslaan en ‘n paar keer gerol.
 Beide Madhea en haar pa is uit die voertuig  geslinger. Madhea kon opstaan en het dadelik geroep na haar pa om te sien waar hy was. Nooddienste is ontbied en paramedici het Hennie in die ambulans gelaai. Dit blyk egter of hy ook ‘n hartaanval gehad het en was reeds dood toe hy by die hospitaal aankom.
Al het Madhea en haar ongebore baba ongedeerd uit die ongeluk gekom, was sy vir twee dae in die hospitaal opgeneem vir observasie.
Hennie is begrawe vanuit die PPK Lighuis gemeente op 6 Januarie. - Mariska Ehlers

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube