-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - ’n Vlieënier van Mokopane het oorleef nadat hy op 4 Januarie in sy ligte vliegtuig op die Bela-Bela-vliegveld neergestort het. Johan Schoeman het op 3 Januarie vanaf Rustenburg tot op Bela-Bela ge-vlieg waar hy oorgebly het. Hy sou van daar af tot op Mokopane vlieg.
Volgens ’n ooggetuie, Pieter Roux, het Schoeman die vliegtuig die Sondag voor die vlug nagegaan. Na ’n aanloop van 900m het die vliegtuig eers opgestyg, het Roux gesê.
Kort nadat Schoeman opgestyg het, het die enjin skielik die gees gegee en die vliegtuig het grond toe getuimel. Die vliegtuig het binne sekondes buite sig neergestort.“Ons kon nie sien waar hy geval het en of daar rook was nie, maar net daarna het ons ’n oproep van Johan gekry. Hy was binne in die vliegtuig vasgekeer,” het Roux gesê.
Nadat die vliegtuig gevind is, is Schoeman uit die wrak gehaal. Roux sê hy was lig beseer, maar het gesukkel om te loop. Hy is na die Montana-hospitaal in Pretoria vir behandeling geneem en is reeds ontslaan.
– LiN Nuus/Die Pos
0 Comments