<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Moordverdagte vasgetrek

 

Phillip Kgoantha is aangekla van die moord op Susan Kotze.

News : 17 Jan 2015 379 Viewed 0

LEPHALALE – Polisie het Phillip Kgoantha (22) gearresteer in verband met die moord op Susan Kotze op die plaas Sumadi in die Kuipersbult-omgewing verlede Dinsdag. Kgoantha het vlugtig op 12 Januarie in die Lephalale Landdroshof verskyn nadat die polisie hom verlede Vrydag by sy oom se huis in Northam gearresteer het.
Kotze se lyk is in haar sitkamer aange-tref waar sy klaarblyklik met die draad van ‘n klerehanger verwurg is. Volgens die polisie verslag het die aanvaller slegs twee selfone, ‘n klein kontantbedrag en Kotze se donkerblou Ford Bantam bakkie gebuit. Die gesteelde goedere is teruggevind.
Daar word vermoed dat die verdagte op een van die buurplase gewerk het, maar vroeër die maand afgedank is. Hy het Kotze glo vir werk gevra en sy het ingestem dat hy vir haar klein takies op haar werf verrig.
Kotze, ’n weduwee wat tot onlangs op klein skaal met beeste geboer het, het die laaste paar maande by ’n gastehuis op Afguns gewerk.
Kgoantha sal op 19 Januarie weer in die hof verskyn.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube