<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Grootvoete kom kuier

 
News : 17 Jan 2015 37 Viewed By Jasper Raats 0

Boere en natuurbewaarders het teen Woensdagmiddag asem opgehou dat die twee olifantbulle wat verlede Vrydag vanaf Botswana oor private plase en reservate tot by Lephalale gestap het terug sou keer na waar hulle vandaankom.
Kort nadat die olifante verlede week die eerste keer opgemerk is was daar druk uit bewaringskringe om die twee jong bulle te spaar. 'n Bewaringskenner wat Noordelike Nuus te woord
gestaan het, het boere geloof vir hul verdraagsaamheid ten spyte van skade wat die olifante aangerig het.
Die twee het meer as 100km afgelê vanwaar hulle die grens oogesteek het tot by die Mokolo Dam Natuurreservaat. Vandaar het hulle gestap tot by DNyala Natuurreservaat voordat hulle omgedraai en al op hul spoor teruggestap het. Teen Woensdagmiddag was hulle net 20km van die Botswana grens af. Hier is een van die bulle in die Mogolrivier net buite Lephalale.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube