-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Mokopane het baie behoeftige gesinne, maar net soveel engele, skryf Hendriette Williams van Helpende Hand in Mokopane. Verskeie skenkings is ontvang om die nood te verlig en behoeftige kinders te help met skoolbenodighede. Die skenkings is verdeel tussen behoeftiges, die Noodforum en die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF).
Groot dank vir die bakkie vrag vol groente vanaf WDM Boerdery, Frikkie van der Wath, Phillip Keet en Brendon Williams.
Skryfbehoeftes en tasse is ontvang uit verskillende oorde. Sowat 30 skooltasse is vir Graad 1’s geskenk deur Helpende Hand.
‘n Kinderfees is einde verlede jaar gereël en Hendriette bedank Dries Coetzer, Alet Calitz, Savuti, Meat City, J&S Slaghuis, TAN Slaghuis, Rainbow Slaghuis, Trevor Els, SAVF, die Noodforum, Avril van Rooyen, Ansie, Charlotte, Heleen, Winnie the Pooh Kleuterskool.
Dankie, ook aan Kobie Fick wat gesorg het dat al die klerebank van Laerskool Krugerpark se klere mooi herstel en gewas is.
Laastens bedank sy ook die ouers en personeel van Tjommies Kleuter- en Naskool wat haar bystaan met haar liefdadigheidswerk.
Regs: Hendriette Williams van Helpende Hand saam met Kobie Fick wat die Krugies se klerebank uitgesorteer het.
0 Comments