-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Vier jaar gelede het Berta Verster van Lephalale die behoefte aan ‘n instansie wat minderbevoorregte mense vir kort tydperke kan bystaan geïdentifiseer.
Sommer gou is daar ‘n komitee op die been gebring en ‘n span vrywilligers het begin om fondse in te samel waardeur gesinne in nood bygestaan kan word.
Die Engele vir Nood, soos hierdie groep bekendstaan, sorg tans vir ses behoeftige gesinne in Lephalale.
Hulle is geregistreer as ‘n nie-winsgewende organisasie en hanteer geen kontant nie - alle donasies moet direk in ‘n rekening inbetaal word vanwaar dit onder streng toesig vir die versorging van minder bevoorregtes aangewend word.
Vir inligting skakel 072 393 3592.
0 Comments