<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kotze se vermeende moordenaar in hof

 

Phillip Kgoantha sal op 2 Februarie weer in die hof verskyn.

News : 22 Jan 2015 351 Viewed 0

LEPHALALE - Phillip Kgoantha (22) wat aangekla is vir die moord op die bejaarde Susan Kotze op die plaas, Sumadi, buite Lephalale, se borgaansoek is Maandag uitgestel tot 2 Februarie wanneer hy weer in die Lephalale landdroshof sal verskyn.
Kgoantha word daarvan verdink dat hy Kotze (76) met die draad van ‘n hanger verwurg en vermoor het waarna hy met ’n klein bedrag geld, twee selfone en haar bakkie op die vlug geslaan het.
Haar lyk is op 6 Januarie in haar sitkamer gevind nadat sy nie die radio, waarmee boere in die area met mekaar in verbinding bly, geantwoord het nie en familielede gaan ondersoek instel het.
Kgoantha is by sy oom se huis in Northam deur die polisie in hegtenis geneem en die gesteelde selfone en bakkie is by hom gevind.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube