<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kommer oor plaasaanvalle en -moorde statistiek

 
News : 22 Jan 2015 48 Viewed By Press Release 0

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het die statistieke vir plaasaanvalle en plaasmoorde wat gedurende 2014 plaasgevind het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion bekendgemaak.
’n Totaal van 277 plaasaanvalle het in 2014 plaasgevind, waarvan die besonderhede deur AfriForum en TLU geverifieer kon word. In dieselfde jaar kon 67 plaasmoorde bevestig word.
Volgens hierdie syfers was daar sedert 1990 nog nooit ’n jaar waartydens 277 plaasaanvalle geverifieer kon word nie. Dit blyk ook dat daar sedert 2011 ’n stelselmatige styging in die jaarlikse aantal plaasmoorde was.
Die organisasies het ook bekendgemaak dat daar sedert die begin van 2015 reeds nege plaasmoorde gepleeg is, wat Susan Kotze se moord buite Lephalale insluit.
Sowel AfriForum as TLU SA het hul kommer uitgespreek oor die feit dat pres. Jacob Zuma die afgelope naweek ’n beroep op boere gedoen het om meer te doen om hul werkers se lewensomstandighede te verbeter, terwyl hy nie bereid was om hom oor die duisende boere wat al vermoor is uit te spreek nie.
Die twee organisasies het ook bekendgemaak dat hulle in die nabye toekoms ’n skrywe aan die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sal rig om vir ’n gesprek met die ANC-leierskap te vra.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube