-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
’n Geliefde besigheidseienaar in Mokopane, Adri Potgieter, sterk tuis aan nadat sy verlede week ‘n beroerte gehad het. Adri en haar man, Johan Potgieter is die eienaars van Maxi’s Mokopane.
Johan sê dokters by die Polokwane Medi Clinic glo dat sy vrou se aanval waarskynlik toegeskryf kan word aan stres. Dokters sê nou Adri moet rus en dat dit sal tyd neem voor sy weer op die been is. Intussen sal sy verdere mediese toetse ondergaan.
Noordelike Nuus wens die Potgieters sterkte en beterskap toe.
0 Comments