<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Angelique se been in gedrang

 

Angelique van der Merwe, ‘n ‘karwag’ van Lephalale wat in Desember beseer is toe ’n motor haar raakgery het in die parkeerarea waar sy werk, het dié week 'n operasie ondergaan om haar been te probeer red.

News : 22 Jan 2015 676 Viewed By Martie Le Grange 0

Angelique van der Merwe, ‘n ‘karwag’ van Lephalale wat in Desember beseer is toe ’n motor haar raakgery het in die parkeerarea waar sy werk, het dié week 'n operasie ondergaan om haar been te probeer red.
Noordelike Nuus het Angelique in die Mokopane Hospitaal besoek waar sy tans aansterk. Sy is oorspronklik in Ellisras Hospitaal opgeneem, maar is oorgeplaas na Mokopane omdat dié hospitaal oor die fasiliteite en spesialiste vir haar behandeling beskik.
 Die dokter wat haar behandel sê in hierdie stadium probeer hy sy bes om haar haar been te laat behou aangesien die weefsel erg beskadig is. Hy het gewaarsku dat Angelique dalk nie weer die been sal kan gebruik nie.
Hy het wel gesê hy is beïndruk met haar positiewe gesindheid. ’n Tweede operasie aan Angelique se been word oorweeg.
Alhoewel Angelique onder die indruk is dat die bestuurder verantwoordelik in hegtenis geneem is, kon adjudant-offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie teen druktyd nie bevestig of daar wel enige saak of arrestasies gemaak is in die verband nie.
Angelique het gesê sy word goed behandel in die Mokopane hospitaal en bedank almal wat haar so mooi bystaan.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube