-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Op die Piet Potgieter Monument ouetehuis in Mokopane se verjaardagkoek pryk daar vanjaar ’n volle 50 kersies waarop hulle voorwaar trots is.
Die tehuis se 50ste bestaansjaar is Maandag gevier met ’n lof- en dankdiens onder leiding van dominee Hennie Nel. Nel se treffende boodskap het gevolg na inwoners deelgeneem het aan ’n skouspelagtige kerslig seremonie. Kandelare in die tehuis se eetsaal is belig met 50 brandende kerse as danksegging.
Bo: Mariana van Tonder, die ouetehuis se bestuurder, steek saam met inwoners, wat die instansie se 50ste bestaansjaar vier, kerse aan die brand.
0 Comments