-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Claudi Le Roux, ’n oud-inwoner van Mokopane en ook ’n dominee van Pretoria is verlede Vrydag, twee dae na haar 27ste verjaardag in ’n frats-ongeluk dood. Dié jong vrou is op die Moloto pad in haar motor deur ’n stuk skrootyster wat van ’n vragmotor geval het, getref.
Le Roux was die dogter van ds. Roelf en Antoinette Opperman. Dié gesin, oorspronklik van Mokopane, is in rou gedompel toe sy haar laaste asem in die Montana hospitaal uitgeblaas het waar sy ’n noodoperasie ondergaan het.
Le Roux se man Ewald glo die bestuurder van die vragmotor met skroot wat voor Le Roux gery het toe die ongeluk plaasgevind het, het nie besef wat gebeur het nie en het aangehou ry. Le Roux het ernstige kopbeserings opgedoen toe die yster haar tref.
Haar ma, Antoinette Opperman het haar skok en die onwerklikheid van haar dogter se dood op ’n sosiale netwerk gedeel. Medelye stroom sedert Vrydag steeds in op die ouer paar se Facebook bladsye.
0 Comments