-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Vroue in Lephalale kan nou aansluit by die Boervrou Liga, 'n organisasie wat op die been gebring is om landelike vroue te leer om hulself te verdedig.
Die sangeres Sunette Bridges het die liga in 2012 gestig en sedertdien het daar regoor die land takke van hierdie nie winsgewende organisasie tot stand gekom.
Volgens die Boervrou liga se webblad is aanvalle op boere in Suid-Afrika alreeds 5 000 keer hoër is as in ander lande soos Duitsland en Australië. Daarom het Susan Rothmann Lyons, wat oor ‘n doktorsgraad in trauma berading beskik, die nut gesien vir ‘n Boervrou liga tak in Lephalale.
Vroeër vanjaar het ‘n groep belangstellende vrouens by die veilingskrale op die Markenpad bymekaar gekom waar Susan almal se vrae beantwoord het en agtergrond inligting oor die projek met hulle gedeel het.
Die instansie se doel is dat vrouens paraat moet raak en die nodige opleiding moet kry om hulself en hul families in noodgevalle te kan verdedig en bystaan. Lede van die Boervrou Liga gaan fondse in Lephalale insamel om instrukteurs te huur wat die nodige opleiding kan kom aanbied. Kursusse soos noodhulp, vuurwapen hantering, trauma berading is onder die vele opleidingsrigtings wat aangebied gaan word.
“Dit is uiters belangrik dat ons vroue weet hoe om bloeding te stop en wonde te behandel wanneer dit nodig is en ook hoe om hulle vuurwapens te gebruik wanneer die situasie dit vereis," sê Susan.
Kontak Susan by 073 218 5422.
0 Comments