<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Die gesig agter die Lephalale DBV

 
News : 13 Feb 2015 132 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE - Om met diere te werk is baie mense se droom, maar om elke dag by die Diere Beskermingsvereniging (DBV) te werk is besonders lonend al is daar soms hartseer betrokke. Die Lephalale DBV inspekteur, Mariaan Wentzel, is positief oor die organisasie se vooruitsigte en hoop om haar droom by die plaaslike tak te uitleef.
Mariaan is goed bekend in Lephalale as iemand wat 100% energie belê in die sukses van die plaaslike DBV. Die DBV is ’n liefdadigheidsorganisasie wat na diere omsien. Soms is die werk nie maklik nie, soos Desember- en Januariemaand to meer as 40 rondloperhonde uit Lephalale se strate verwyder is.
Dit beteken oorvol hokke en talle oproe-pe van eienaars wat opsoek is na honde wat die vakansie weggeraak het.
Mariaan moedig mense aan om hul die-re te laat steriliseer, want rondloperhonde en –katte is ’n groot kopseer. Dikwels word honde en katte sommer net voor die DBV se hek afgelaai – wanneer die hokke oorvol is veroorsaak dit verdere spanning.
Mariaan het skoolgegaan by Morgenson Landbouskool en daarna gekwalifiseer as ’n vleisinspekteur. Sy is in 2000 met haar man, Mornay Wentzel, getroud. Hulle drie kinders, Amoray (9), Lallie (7) en Hanro (5) is haar trots. Die Wentzels het in 2010 Lephalale toe getrek toe Mornay by Medupi begin werk het.
Kort na hul aankoms het Mariaan betrokke geraak by die DBV, “Ek sou net tydelik uithelp en voor ek my oë kon uitvee, toe is ek die pos as inspekteur aangebied,” sê sy. Sy het in 2014 haar inspekteurskursus voltooi.
“Ek wil bitter graag my eie projek stig vir donkies,” verduidelik sy. “Ek wil die eienaars van donkies oplei oor hoe om vir hul diere te sorg en hoe om die lewe vir hierdie hardwerkende diere gemakliker te maak.”
Mariaan sê vir so ’n projek om te bewaarheid het sy ’n borg nodig vir befondsing. Die Lephalale DBV gee reeds spesiale pakkies uit aan donkie eienaars met die basiese noodhulpmiddels om hulle te help.  Enige donasies sal help dat sy haar projek van stapel kan stuur.
Haar passie word gedeel deur die nuwe bestuurder van die Mokopane DBV, Marcelle Maritz, wat sê dat donkies dikwels deur die mees behoeftige lede van die gemeenskap besit word.
“Dikwels is daar nie ekstra geld vir die regte kos en noodhulpmiddels nie.”
“Donkies werk hard, hulle trek waens, help met bouprojekte en is letterlik ‘werksesels’,” sê Maritz. “Skakel gerus jou plaaslike DBV en hoor wat het hulle nodig, soms is produkte net so waardevol soos geld.” 

 

 

 
 

Mariaan en haar man Mornay op hulle troudag

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube