-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het 12 jaar gelede hul eerste KANSA Shavathon aangebied en vanjaar in 2015 is die geleentheid gewilder as ooit tevore - met mans, vrouens, kinders, versorgers, kankeroorwinnaars en mense wie se lewens persoonlik deur kanker geraak is, wat hande vat en die landswye KANSA Shavathons ondersteun – elkeen vir sy of haar eie rede.
Wanneer mense Saterdag 28 Februarie 2015 by hul plaaslike inkopiesentrum en op 1 Maart by uitgesoekte KANSA Shavathons bymekaar kom, sal hulle die kans kry om hulle hare te laat skeer, hul poniesterte te skenk (25cm in lengte, wat gebruik sal word om pruike te maak vir kankerpasiënte in nood) www.shavathon.org.za, ‘n KANSA “wrap” te koop (www.cansa.org.za) of om hulle hare te laat sproei.
Met 70% van KANSA Shavathon se ondersteuners wat gesinslede en kinders is, het KANSA ‘n reeks nuwerwetse en prettige tekenpatrone ontwerp, wat gebruik sal word vir oud en jonk wat hulle hare wil laat sproei. Die kleurstof van die haarsproei is gemaak van groente-ekstrak en is veilig om te gebruik. Die kleurstof kleef net vir ‘n dag aan hare vas en was maklik uit.
Die koste beloop R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar om deel te wees van Shavathon.
Alle fondse wat ingesamel word, word gebruik vir die sorg- en ondersteuningprogramme wat KANSA hoofsaaklik by KANSA Sorgsentrums aanbied.
“Shavathon is ‘n jolige manier om betrokke te raak in die stryd teen kanker”, sê Elize Joubert, waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA. “Neem deel aan die pret en laat jou hare skeer, sproei, “wrap” of skenk jou hare. Ons moedig mense aan om hul kollegas, familie en vriende te oortuig om almal deel te word van Shavathon 2015.”
Word ‘n gasheer van ‘n Shavathon by jou werkplek tussen 2-6 Maart 2015. Besoek die Shavathon webwerf om jou maatskappy te registreer.
0 Comments