-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Brandslagoffertjie Pippie en haar pa, Arno Kruger, het onlangs ’n draai gaan maak by Johanko Barnard. Johanko is weer terug by die huis in Lephalale nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het toe ’n motor waaraan hy en ’n vriend gewerk het ontplof het. Johanko het veloorplantings ondergaan en kry steeds behandeling vir die brandwonde op sy arm. Johanko sê Pippie was vir hom ’n inspirasie toe hy in die hospitaal was en baie pyn ervaar het.
0 Comments