-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Vreesaanjaende selfoon dreigboodskappe vanaf ’n onbekende nommer wat die ontvanger daarvan op sy of haar naam noem en ’n som geld eis, doen rondte in Mokopane en saai vrees.
“(ontvanger se naam), someone offered me R20 000 to kill you, make me an offer so I don’t kill you. I know where u stay and every move you make.” Só lees die SMS-boodskap wat aan twee verskillende inwoners dié week gestuur is van dieselfde sender wat voorgee hy is ’n sluipmoordenaar. Beide slagoffers het gesê hulle het die nommer geskakel en is deur ’n diep stem aangeraai om te doen wat die SMS sê. Een van die slagoffers het selfs die polisie ontbied om met die onbekende man te praat maar die oproep is dadelik beeïndig.
Uit ondersoek het geblyk dit is ’n geldmaakfoefie wat in 2007 sy kop uitgesteek het. Slagoffers word eers deur ’n epos geteiken en later word selfoonboodskappe gebruik om mense te intimideer om kontant te betaal.
Die vermoede is dat bedrieërs die slagoffers se nommers op die internet kry wanneer so ’n persoon iets adverteer. Die polisie kon teen druktyd nie kommentaar lewer nie.
0 Comments