-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Inwoners van Groenkloofsingel in Onverwacht het die polisie gevra om ondersoek in te stel na verdagte aktiwiteite by ’n huis in die straat. Inwoners beweer dat vroue gedurig in en uit die huis kom en op die straathoeke staan waar hulle dan deur mans opgelaai en later afgelaai word.
Die Onverwacht Buurtwag se Mariaan Wiid het aan Noordelike Nuus gesê dat die inwoners van Groenkloofsingel in Onverwacht al vir ‘n geruime tyd kla oor die aktiwiteite by die huis. “Musiek word tot laataand hard gespeel en talle voertuie stop gedurig voor die betrokke woning.”
Volgens Valerie Cilliers, skakelbeampte van die Lephalale Munisipaliteit, het ‘n bouinspekteur van die munisipaliteit Woensdag uitgegaan na die huis en het hy onderneem om ondersoek in te stel.
Adjudant-offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie sê dat geen amptelike klagtes by die polisie ingedien is nie.
0 Comments