-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Rolspelers in die Mogalakwena Munisipaliteit, veral werkers wat meen hulle word direk geraak deur die onenigheid wat sedert November verlede jaar heers, sê hulle geduld word beproef. Na die minister van samewerkende regering, Pravin Gordhan se besoek aan Mogalakwena verlede week, dring munisipale werkers en lede van die Mogalakwena Residents Association (MRA) aan op ’n uitkoms aan hulle dringende versoeke.
Gordhan het verlede week onderneem om dienslewering in die Mogalakwena Munisipaliteit te herstel en om nodige aksie te neem en te verseker die wet word nagekom.
Met Gordhan se tweede besoek aan Mogalakwena Dinsdagoggend sê inwoners en werkers hulle is deur die minister in die steek gelaat omdat hy nie die uitkoms op hulle versoeke met hulle kom bespreek het soos hy klaarblyklik sou doen nie. Gordhan het na verneem word vlugtig met raadslede in die raadsaal vergader en moes hom haas na ’n ander dringende verpligting.
Daar word nou gedreig om Mokopane tot stilstand te bring net soos ontevrede inwoners in Malumulele gedoen het indien Gordhan nie daadwerklik ingryp nie.
0 Comments