<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Padfout – Staat skuldig in Lauwrens saak

 
News : 13 Feb 2015 370 Viewed By NoordNuus reporter 0

Armand (40) en Marietjie Lauwrens (39) van Lephalale is in Desember 2008 dood toe hulle motor teen ‘n aankomende bakkie op die R518-teerpad by ’n sementburg sowat 25km buite Mokopane gebots het. Albei hul seuns (toe 12 en 14) is in die ongeluk beseer. Verlede week het die Pretoria hooggeregshof gevind dat Limpopo se LUR vir openbare werke, paaie en vervoer ten volle aanspreeklik is vir die twee seuns se skade omdat hulle hul ouers in ’n motorbotsing verloor het.
Die gesin was van Lephalale via Mokopane op die Zebediela-pad op pad na ’n vakansiebestemming toe hulle Nissan Almera weens ’n fout in die R518-pad teen die bakkie gebots het.
Volgens Netwerk24 het regter Dawie Fourie gesê om ’n probleem op ’n pad so gou moontlik te herstel, moet altyd ’n prioriteit wees. Mense se lewens is op die spel. Die gesin se advokaat het aangevoer dat Me. Lauwrens beheer oor die voertuig verloor het toe dit op die brug weens ’n golwing in die lug ‘gespring’ het. Die motor het in die aankomende verkeer se baan beweeg. Die teeroppervlak het van sy oorspronklike vlak met sowat 15cm gesak. ’n Padingenieur het destyds getuig dat ’n ernstige styging in swaarvoertuigverkeer die pad beskadig het.
Die seuns se voogde, Jacques en Rinie Lauwrens van Brits, het namens die kinders ’n eis ingedien vir die kinders se beserings en verlies aan onderhoud weens die dood van hul ouers. R4,9 miljoen is voorlopig geëis.
Volgens kenners wat getuienis gelewer het, is die betrokke pad al sedert 2006 ’n gevaar.
Getuienis wys dat die waarskuwingstekens nie genoeg was om motoriste te waarsku teen die spesifieke probleem op die spesifieke plek nie.
Die hog het bevind dat die departement se werknemers bewus was van die gevaar en dat hulle nalatig was deur dit nie betyds behoorlik te herstel nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube