<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Messteek in ruil vir beursie

 
News : 13 Feb 2015 433 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - “Ons het geen vryheid meer in ons land nie. Mens kan nie eers meer alleen loop nie,” het Charmaine Kempen op haar Facbook-blad gesê nadat haar seun, JJ Kempen (18), Saterdag deur twee mans in Kameeldoringpark aangeval is.
JJ, 'n leerder van Hoërskool Piet Potgieter, het vertel twee verdagte mans hom agtervolg toe hy laatmiddag huis toe gestap het. Die twee mans het hom op die hoek van Hooge en Hindonstraat met ’n mes gedreig.
Hulle het die mes teen sy rug gehou, hom deursoek vir geld en sy beursie gevat. Een van die aanvallers het toe vir JJ met die mes gesteek voor beide laat spaander het.
Die meswond was na aan JJ se blindederm en hy moes steke kry.
“Hy is darem nie ernstig beseer nie,” het Charmaine dankbaar gesê.
Die Kempen-gesin het hulle dank uitgespreek teenoor die Valke Buurtwag vir hulle flink optrede en ook aan Kitty Hudson wat vir JJ medies behandel het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube