<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rotary trekking sorg weer vir behoeftiges

 
News : 20 Feb 2015 117 Viewed By NoordNuus reporter 0

Danksy die Potgietersrus Rotary Klub, die gemeenskap, Hoërskool Piet Potgieter (HPP) en verskeie borge, is Wimpie en Erika van Dyk van Mokopane as die gelukkige paartjie van die Rotariërs se jaarlikse “Spoilt Rotten” trekking gekies.
Die “Spoilt Rotten” kompetisie is ‘n gelukkige trekking vir Valentynsdag wat vir die derde jaar deur die Rotariërs aangebied word. Een kaartjie teen R20 ten bate van behoeftiges in die gemeenskap bied twee persone die geleentheid om ’n prys te wen vir een dag se groot bederf op Valentynsdag.
HPP is vanjaar by die verkope van die kaartjies betrek aangesien die fondse aangewend word vir die skool se gemeenskapsprojek vir die jaar. Die tweede begunstigde is die Piet Potgieter Monument Ouetehuis.  Die fondse ingesamel vir die kompetisie is ’n merkwaardige R16 560.00.
Die klub het sy opregte dank teenoor die volgende borge uitgespreek:
 Maxi’s Mokopane vir die heerlike ontbyt, Nico Willemse van Limpopo Flight School vir ‘n vlug van ‘n leeftyd, The Honeyball vir heerlike tee en versnaperings, Joany van Split Endz vir ‘n haarbehandeling, Maliti van Nails 4 U vir die manikuur en pedikuur koopbewys, Martie Pretorius van Memory Lane Photography vir die professionele fotosessie en Shikwaru Lodge vir die heerlike aandete, bed en ontbyt.  Spesiale dank is uitgespreek aan die publiek vir hul ondersteuning vir projekte soos hierdie wat dit vir die Rotariërs moontlik maak om uit te ryk aan behoeftiges.

 

 

 
 

Wimpie en Erika van Dyk kort na ’n plesiervlug saam met Nico Willemse van Limpopo Flight School.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube