<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Jeug deel liefde uit op Valentynsdag

 
News : 20 Feb 2015 62 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE - Die Hervormde Kerk se jeug het verlede Saterdag die Diere Beskermings Vereniging (DBV) besoek en omdat dit Valentynsdag was het hulle vir elke hond en kat ‘n handgemaakte speelding gemaak terwyl hulle daar was.
Mariaan Wentzel, DBV inspekteur, het ook met die jongspan gesels oor die versorging van honde en katte en hoe om jou diere lief te hê.
Dié gemeente sê dat hierdie net die eerste projek was van vele, hulle gaan glo die res van die jaar ‘fliek aande’ hou vir die jeug om bietjie uit die huis te kom en tyd in gesonde omgewing te spandeer.
Die inwoners van die SAVF Maroela oord is ook op hierdie bedrywige span se lysie vir ‘n dag vol bederf en pret saam die jong span. Hierdie uitstappies is vir kinders van enige ouderdom en die jongste deelnemer was Saterdag net twee jaar oud.
"Dankie aan hierdie groep mense wat die gemeenskap so goed bystaan," sê Mariaan.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube