<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Veediefstalsaga: Groenewald pleit skuldig

 
News : 20 Feb 2015 188 Viewed By NoordNuus reporter 0

MOKOPANE - Die verhoor van Martinus Groenewald, wat saam met drie ander mans daarvan beskuldig word dat hulle vragte beeste in Limpopo en Noordwes gesteel het, het  Maandag in die Mokopane Streekshof ’n nuwe wending geneem toe Groenewald op sekere van die aanklagtes skuldig gepleit het. Hy word na verwagting vandag (Vrydag) gevonnis.
Groenewald, Charles Marais, Solane Chauke en Andries Chauke is elk van tien klagte van veediefstal aangekla vir die steel van beeste en bokke ter waarde van R2,7-miljoen.
Groenewald wat op ‘n kleinhoewe aan die Ooste van Gauteng gewoon het, het homself op 2 September 2013 aan die polisie oorgegee nadat beeldmateriaal van ‘n vragmotor wat hy gehuur het in die media verskyn het. Die vragmotor vol gesteelde beeste is op kringtelevisie kameras by die Kranskop tolhek naby Modimolle vasgevang. Marais, wat eerste in hegtenis geneem is, het glo aanvanklik skuld erken en bewyse en tonele aan die polisie uitgewys, maar het tydens sy vorige hofverskyning in Juniemaand saam met sy medebeskuldigdes Charles Hendrik Marais, Solane Taitus Chauke en Andries Chauke onskuldig gepleit. Marais wat in die Mogwase gevangenes in aanhouding is, is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy moet een sesde van sy vonnis uitdien wat beteken sowat 11 maande se tronkstraf. Beide die ander twee beskuldigdes se sake duur voort.
Groenewald se regspan het by die hof om versagting gepleit en 10 jaar tronkstraf waarvan vyf jaar opgeskort word voorgestel het, maar dit is verwerp. Landdros Gert Pretorius het gesê hy is nie gebonde aan die departement van openbare vervolging (DOV) se aanbevelings nie. Groenewald sal heel moontlik tussen 10 en 15 jaar agter tralies moet sit.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube